Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Die kaart op die tafel...
Weg! Ry & Sleep
Suidwes se Toyopet • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by đ° rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort â en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
ân Kampkarnaval • Die onlangse Woonwaskou by die Gallagher-landgoed het opnuut bevestig hoe perdfris die bedryf is.
Die kersie op die Chery-koek • Chery het in Februarie vanjaar bevestig hy bring ân dubbelkajuitbakkie na Suid-Afrika. Cyril Klopper kyk wat ons kan verwag.
Ontmoet die iCaur • NĂłg ân nuwe Chinese handelsmerk kom na Suid-Afrika, en sy eerste ryding is ân elektriese sportnuts. Cyril Klopper bekyk hom van nader.
Die Doring in die Olifant se poot • Ons volg een van Suid-Afrika se wispelturigste riviere van sy oorsprong tot waar hy sy waters aan ân meer standvastige rivierloop skenk. Op pad haak ons viertrek in en ontmoet die mense wat vrede gemaak het met hierdie rivier se humeurige waters.
In en om die Swartland • Die Swartland is koring- en wynwĂȘreld, hoewel dit ook vrugbare aarde is wat kampplekke betref. Ons loer in by drie.
Vrede, vis én pret in ân koepel • Die River Run-oord lĂȘ in die Vredefortkoepel op die oewer van die Vaalrivier. Pak jou visstokke, ân boek of twee en die kinders se swembroeke, en kom span uit langs die water.
Vind jou weg na Vic Falls • Victoria Falls is ân klein dorp met ân groot en lewenslustige persoonlikheid. Lea Erasmus van Ultimate Routes het saam met haar kollega Heidri Rust gaan kuier⊠en hulle kan nie uitgepraat raak nie.
Gek oor ân hek • Tussen Clanwilliam en Nieuwoudtville lĂȘ ân 60 km lange plaaspad met... wag daarvoor... 26 hekke! Dit beteken jy moet gemiddeld elke 2,3 km stilhou, hek oopmaak, deurry en weer die hek agter jou toetrek. Dis lekker plek om jou kinders se geduld en gehoorsaamheid te beproef.
ân Kampreis van ân leeftyd • ân Mens kry kampvriende... en dan is daar die soort vriende wat bereid is om 4 830 km saam met jou deur ons buurlande te sleep. Johan NaudĂ© van Boksburg vertel van diĂ© onvergeetlike ervaring.
Oor die hond se stert • By hierdie agt kampplekke mag Oubaas Ă©n sy honne kom uitspan.
Klink een op Tata • Tata keer met volle oorgawe terug na Suid-Afrika en ons neem sy jongste ryding na Suid-Afrika se oudste vlaktes.
Na bestemmings agter die siglyn • Kampeerders met ligte rygoed soos die Suzuki Jimny en Renault Duster moes tot onlangs klaarkom met klein waentjies wat min pakplek het, maar Trek Lifestyle bou nou ân volgrootte boswa wat jy met ân kode B-rybewys kan sleep.
Praat met jou hande • Ons bespreek die tien algemeenste handseine om die bestuurder van ân 4x4-ryding deur ân hindernis te beduie.
Grond of dak? • Is dit beter om in ân grond- of daktent te slaap? Nes met alles in die lewe is daar voor- en nadele aan elk.
Vat die pad... dis naweek! • In ons motor is snoepgoed vir die langpad ân saak van erns! Hier is 6 planne vir die piekniekkombers langs die roete.
PRETBLAD
Die KI-knelpunt • In die skeppende wĂȘreld sien hy geen plek vir kunsmatige intelligensie nie, sĂȘ Mic van Zyl.
BLOKRAAI • Volgens navorsing hou blokraaie talle voordele in. Dis byvoorbeeld goed vir dinge soos jou geheue en konsentrasie. Daarom is hierdie blokraai nĂ©t die ding om jou brein ân bietjie te laat oefen terwyl jy rustig in jou kampstoel agteroorsit. Hou daai verstand skerp, nes jou potlood, en sĂȘ hierdie ene die stryd aan. En selfs al is jy iemand wat nie juis sterk gevoelens het oor diĂ© soort navorsing nie, gee dit jou minstens iets om...