Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Uit die perd se bek
Weg! Ry & Sleep
Liefde op die treinstasie • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by đ° rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort â en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Haal uit en wys • By vanjaar se Woonwaskou was daar ouder gewoonte heelwat spoggerige nuwighede wat die oog getref het.
Kuier van huis tot huis deur die Tankwa • Die Tankwa-Karoo is ân ongenaakbare wĂȘreld wat dwaasheid straf, maar binne slegs ân paar dae in hierdie dorre landskap ontmoet jy die heel beste mense.
Rus ân bietjie op die N7 • As ân mens elke dag net effens verder vorder op ân hoofweg, rus jy tot in die kampplek.
Stywe lyne in die Magaliesberg • Die Zelpy-hengel-en-wildreservaat is nommerpas vir kampeerders wat daarvan hou om lyn nat te maak.
A is vir Angola • ân Reis deur Angola was nog altyd baie hoog op hulle emmerskoplys, sĂȘ Jeannie Venter van Halmanshof naby Porterville in die Wes-Kaap.
Wat ân hondelewe! • By hierdie kampplekke kan die vierpotiges saam met jou kom bene rek.
Bosveldklong • Ford moet sekerlik Ry & Sleep-lesers in gedagte gehad het toe hy die Ranger Tremor gebou het, want hy het ĂĄlles wat ons soek sonder oorbodige affĂȘrings wat die prys opjaag.
Twee by twee! • Jy koop nie ân Invader omdat jy ân woonwa wil hĂȘ nie. Jy koop een omdat jy ân Invader wil hĂȘ.
Maak vas! • Vir hierdie uitgawe kombineer ons die gebruiklike 4x4-professoren toerusting-artikel: Ons bespreek verskeie metodes om jou vrag veilig te hou op pad, kyk na verskaffers en pryse, en gee ân paar (interessante) feite.
Spekkeries! • Die geur van gerookte spek maak alles sommer beter, of hoe?
BLOKRAAI
PRETBLAD
Vind self uit, man! • Dit verstom hom elke keer as hy sien hoe gereeld kampeerders nie ag slaan op inligting wat letterlik op hulle vingerpunte is nie, sĂȘ Neels van Heerden.
Die frustrasies van ân voëlfotograaf • Vra vir enige ernstige voĂ«lkyker hoeveel spesies hulle al gesien het en so te sĂȘ elkeen van hulle sal terugvra wat jy met âsienâ bedoel, sĂȘ Eben Swart.
Van donkie tot besie • Die gawe ou duinebesie het verlede jaar 60 jaar oud geword. Ons bekyk sy geskiedenis... en sy moontlike toekoms.